Skryfformaat: Ooggetuieverslag


Ooggetuieverslag van ‘n aanval op Zimbabwiese winkeleienaar

Hiermee verklaar ek, Odette Pretorius, ID 840321 0491 081, woonagtig te Bo-straat 3, Strand, kontaknommer 083 123 1234 die volgende:

Op Sondag 15 April 2018, om ongeveer 17:50 was ek onderweg na Hoërskool Strand via Fabriekstraat. By die kruising van Athlone- en Fabriekstraat het die verkeer van weerskante tot stilstand gekom toe ‘n liggeel, enkelkajuit Toyota Hilux, onderweg vanaf Algoastraat, dwars oor die straat gestop het. ‘n Gryskopman wat ek herken het as ‘n motorwerktuigkundige van A&B-Carcare het by die passasierskant van die voertuig uitgespring en ingehardloop by Zim Footwear, ‘n informele opwipwinkel op die straathoek.

Ek kon deur die winkelruit sien dat die gryskopman die Zimbabwiese winkeleienaar. teen die bors stamp. Die winkeleienaar het sy hande opgelig om te keer, waarna die gryskopman hom met die vuiste bygedam het. Die winkeleienaar is in sy gesig en in sy maag geslaan. Hy het inmekaargesak en die gryskopman het hom twee keer in sy gesig geskop.

Die gryskopman het uit die winkel gehardloop, in die voertuig gespring en saam met die bestuurder, ‘n donkerkopman net ‘n breë goue oorbel, weggejaag in die rigting van die N2.

Ek het onmiddelik die polisie en nooddienste geskakel, en toe die winkeleienaar gehelp om die bloeding aan sy gesig te stop. Die polisie en nooddienste het na 15 minute opgedaag en die man verder bygestaan.

Geteken te Strand op hierdie 15de dag van April 2018.

O.Pretorius

Opmerkings

Gewilde plasings