Gr. 8: Heer Halewijn, alias Bloubaard

Heer Halewijn, alias Bloubaard

ij” = spelling dui op Europese oorsprong – Wes-Vlaamse gedig/ballade
“alias” = oftewel/ ook bekend as/ ander naam vir… Engels: AKA (also known as)

Agtergrond:
Hierdie volksverhaal is ’n versmelting van twee bestaande literêre werke:
  • Heer Halewijn”, ’n Wes-Vlaamse Middeleeuse gedig/ballade uit die 13e eeu of vroeër. Opgeteken in die 19e eeu
  • Bloubaard”, ’n literêre volksverhaal deur Charles Perrault, gebasseer op die lewe van edelman/reeksmoordenaar Gilles de Rais uit die 15e eeu
         
          Verstaan die verhaal:

1. Waarom het die mense van die dorpie nie na Heer Halewijn se kasteel gegaan nie? Die kasteel het ’n duidelike boodskap uitgestuur dat niemand welkom is nie. Die kasteel was ontoeganklik. Hulle was bang/ afgeskrik (want hulle het allerhande stories gehoor). Die eienaar het homsself eenkant gehou en nie met die dorpenaars gemeng nie.
2. Watter woord vir jou dat Halewijn miskien baie ryk was? fabelagtige
3. Watter atmosfeer skep die rawe wat om die kasteel se torings gevlieg het? Onheilspellend, bedreigend, vreemd, dat iets slegs gaan gebeur
4. Noem twee dinge wat die man in die bos gesien het. ’n Man – met ’n blou baard – wat op ’n perd jaag, agt standbeelde van vrouens, ’n galg
5Hoe het Heer Halewijn sy bynaam gekry? Heer Halewijn het sy bynaam gekry as gevolg van sy donker baard.
6. Wat het een nag in die duister gange van Halewijn se kasteel gebeurDie man met die blou baard het ’n kelder se swaar deur gesluit, die sleutel gekus (gesoen) en om sy nek gehang, en toe tevrede oor sy baard gestreel.
7. Met watter houding en gevoel het Magteld se broer geantwoord toe sy dat sy na Halewijn wou gaan? Hy het nie omgegee/was nie bekommerd  nie, maar wou dat sy haar vader se kroon met eer dra.
8. Ons lees dat Halewijn Magteld se keel “gestreel en gestreel” het. Wat impliseer dit? Dis ’n voorafskaduwing van wat hy later met haar wou doen. 
9. Twee dinge wys dat die geheime kamer se sleutel magies was. Wat was dit? Dit was warm en die bloed kon nie afwas nie.
10. Vertel hoe Magteld vir Bloubaard mislei het sodat sy hom kon doodmaakSy het gekies dat hy haar met ’n swaard onthoof, maar sy het hom gesê om sy bokleed uit te trek, aangesien ’n “jongvrou se bloed so ver spat”.  Toe sy tydens die uittrek van die bokleed bedek was, het sy sy swaard geneem en hom onthoof.  



Opmerkings

Gewilde plasings