Skryfformaat: Koerantberig

Die Koerantberig

Graad 8-leerder met selfoon in klas betrap
KAAPSTAD. – ‘n 14-jarige manlike leerder van Hoërskool Seerust is Maandagoggend tydens ‘n misdaad-ondersoek met ‘n selfoon in sy sportsak betrap.

Die leerder, 'n minderjarige wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, is saam met die res van sy klas deursoek nadat ‘n onderwyseres, Me. Sandra du Toit, se selfoon tydens die oggend se gebruiklike adminperiode uit haar handsak verdwyn het. Leerders is in hul register-klasse gehou terwyl die sekuriteitsbestuur van die skool almal in die betrokke adminklas tasse, sportsakke  en sluitkassies deursoek het.
Image result for cell phone theft in school
Bron: Google (cell phone theft in school)

Volgens die hoof van dissipline, mnr. Wylbach, is hierdie tipe insident nie algemeen by die skool nie, en “die onderwysers vertrou die kinders”. Hierdie vertroue het vermoedelik daartoe lei dat die oortreder die geleentheid raakgesien en aangegryp het. Dit is onbekend of die leerder die selfoon vir persoonlike gebruik geroof het.

Die leerder se ouers sowel as die polisie is in kennis gestel, maar die leerkrag het nie ‘n saak van diefstal teen die leerder gemaak nie. Die leerder se dissiplinêre verhoor is vir 29 April geskeduleer en hy kan uitsetting in die oë staar.

Opmerkings

Gewilde plasings