Selfstandige naamwoorde

Die selfstandige naamwoord vorm die kern van hele paar sinsdele, nl.
  • die onderwerp
  • die voorwerp
  • bywoordelike bepalings 
Daar is vyf soorte selfstandige naamwoorde, nl. 
  1. eiename
  2. soortname
  3. maatname
  4. massaname
  5. abstrakte selfstandige naamwoorde
EIENAME
Die amptelike naam van 'n persoon, geografiese verskynsel (plek, brug, pas, straat ens.).
Eiename begin altyd met hoofletters, selfs al staan dit in die middel van 'n sin
Hoërskool Strand is op die hoek van Sarel Cilliersstraat en Aerodrome-weg. Leerders van HS noem hulself Arende, en trotse Arende dra op Dinsdae hul skoolbaadjies vir saal. 

SOORTNAME
Die woorde waarmee ons verwys na dinge wat gesien en aangeraak kan word. 
Dit is die algemeenste tipe s.nw.
Toetse sluit in die vorm van 'n meervoud, 'n verkleining en om 'n lidwoord voor die soortnaam te plaas.
Buite in die tuin het ons 'n waterpoeletjie met visse in. My boetie moet vir die visse kos gee, en ek moet die poeletjie gereeld skoonmaak.

MAATNAME (EN VERSAMELNAME)
Soortname wat 'n nuwe funksie verrig, en daarom 'n nuwe naam kry: dit word gebruik om 'n ander s.nw. (soortname en massaname) te meet.
Ek het 'n boks perskes, 'n emmer vrugtekoekmengsel en 'n liter melk by Pick n Pay gekoop.

MASSANAME (OOK GENOEM STOFNAME)
Die woorde wat verwys na vaste stowwe, metale, gasse en vloeistowwe wat gemeet, maar nie getel kan word nie.
Voordat jy by die goud en die diamante in die natuur kan uitkom, moet jy eers deur tonne sand grawe, of selfs deur megaliters water sif. Tydens die prosesse verbruik jy baie suurstof, en asem jy baie koolstofdioksied uit.

ABSTRAKTE SELFSTANDIGE NAAMWOORDE
Naamwoorde van gevoelens, toestande en abstrakte konsepte. Indien geen toets werk nie, moet die proses van eliminasie gevolg word.
Die samekoms was nie suksesvol nie, want die deelnemers kon nie hul woede en frustrasie beheer nie.

Opmerkings

Gewilde plasings