Skryfformaat: Dialoog


Die dialoog is 'n gesprek tussen twee of meer deelnemers. 


  • Indien die skryfopdrag vereis dat daar slegs twee deelnemers moet wees, weerhou jou daarvan om 'n derde spreker in te voeg. 
  • Maak dit vir die leser maklik om tussen karakters te onderskei deur hul woordkeuses, aanspreekvorme en dialekte bietjie te laat verskil.
  • ONTHOU: Die hoofdoel van dialoog is karakteropenbaring - Die leser leer ken 'n karakter deur dit wat hy/sy te sê het in 'n spesifieke situasie.


  1. Laat 'n reël oop tussen spreekbeurte.
  2. Plaas die name onder mekaar. 
  3. Blok die dialoog onder mekaar.
  4. Plaas neweteks (emosie-aanwysings of handelinge) tussen hakies.
  5. Weerhou jou daarvan om te min dialoog en te veel neweteks te skryf - die fokus is op gesproke woord.







Opmerkings

Gewilde plasings