Skryfformate: Dagboek

Dagboekinskrywing

'N DAGBOEKINSKRYWING IS JOU MANIER OM TE VERWERK WAT OP 'N SPESIFIEKE DAG MET JOU GEBEUR HET. 
DIT IS SLEGS VIR JOU Oë BEDOEL, DAAROM IS DIT EERLIK EN PROPVOL EMOSIE.
JY AANVAAR DAT AL DIE ROLSPELERS/ KARAKTERS BEKEND IS AAN JOU LESER, EN NOEM HULLE OP HULLE NAME SOOS JY GEWOONLIK MAAK.
  • Begin met die dag en datum (volledig uitgeskryf) regs of links bo. Onderstreep dit.
  • Jy kan, maar hoef nie, met Liewe Dagboek  begin.
  • Skryf in die verlede tyd oor dinge wat reeds gebeur het.
  • Beskryf in die teenwoordige tyd hoe jy nou voel.
    • Skryf in die eerste persoon.
    • Gebruik eenvoudige taal.
    • Jy mag jou emosies oordryf.
    • Gebruik klemtekens en leestekens om gevoel oor te dra.
  • Verwys na "vandag", "môre" ens. as jy na dae verwys. 

VOORBEELD (PLATINUM BL. 222 AKT. 7 ~ GRAAD 8 LB)


Dinsdag, 11 September

Wat 'n dag! Wat 'n absolute sirkus! 

Terwyl ek gisternag buite staan, besig om die liggies dooeeerrrrrr op Moeder Aarde te bewonder, beland ek in 'n lugstroom! Gelukkig nie 'n gravitasiekolk nie... (Ons almal wonder nog oor oom Sterfanus wat in Gravitasiekolk 22 ingesuig is). Maar die gevolg van my lugstroom? Daar gaan ek, al brandend, op pad na einste Moeder Aarde wat ek so bewonder het. 

Teen die tyd wat my meteo-brein inskop en begryp wat aangaan, besef ek dat die paar liggies al nader en nader kom, terwyl my eie liggie al kleiner en kleiner brand. Nou ek kén die aarde; ek weet wat is waar. En van al die plekke waar ek kon opeindig, land ek op Keimoes. Ek moet seker dankbaar wees - daar is so min op Keimoes, ek het ten minste nie myself disnis geval teen 'n wolkekrabber of 'n sateliettoring nie. 

Maar ek het nogsteeds geval dat die stofwolke trek. 'n Lekker duik in die straat. Ek voel effens flouerig en moet seker bietjie rus, sodat ek môre 'n plan kan maak om terug te gaan. Ek dink ek gaan maar vir my 'n slaapplekkie inrig voor "Apteek"... Ek hoop dis 'n veilige keuse.

Opmerkings

Gewilde plasings