Skryfformaat: Ooggetuieverslag
Ooggetuieverslag van ‘n aanval op Zimbabwiese
winkeleienaar
Hiermee verklaar
ek, Odette Pretorius, ID 840321 0491 081, woonagtig te Bo-straat 3, Strand,
kontaknommer 083 123 1234 die volgende:
Op Sondag 15 April
2018, om ongeveer 17:50 was ek onderweg na Hoërskool Strand via Fabriekstraat.
By die kruising van Athlone- en Fabriekstraat het die verkeer van weerskante
tot stilstand gekom toe ‘n liggeel, enkelkajuit Toyota Hilux, onderweg vanaf
Algoastraat, dwars oor die straat gestop het. ‘n Gryskopman wat ek herken het
as ‘n motorwerktuigkundige van A&B-Carcare het by die passasierskant van die
voertuig uitgespring en ingehardloop by Zim Footwear, ‘n informele opwipwinkel
op die straathoek.
Ek kon deur die
winkelruit sien dat die gryskopman die Zimbabwiese winkeleienaar. teen die bors
stamp. Die winkeleienaar het sy hande opgelig om te keer, waarna die gryskopman
hom met die vuiste bygedam het. Die winkeleienaar is in sy gesig en in sy maag
geslaan. Hy het inmekaargesak en die gryskopman het hom twee keer in sy gesig
geskop.
Die gryskopman het
uit die winkel gehardloop, in die voertuig gespring en saam met die bestuurder,
‘n donkerkopman net ‘n breë goue oorbel, weggejaag in die rigting van die N2.
Ek het onmiddelik
die polisie en nooddienste geskakel, en toe die winkeleienaar gehelp om die
bloeding aan sy gesig te stop. Die polisie en nooddienste het na 15 minute
opgedaag en die man verder bygestaan.
Geteken te Strand
op hierdie 15de dag van April 2018.
O.Pretorius
Opmerkings