Sinne

Die minimum vereiste vir 'n sin is 'n gesegde ('n aksie).

Wanneer 'n sin slegs een gesegde bevat, is dit 'n enkelvoudige sin, bv. 
Superman vlieg oor die stad. 

Wanneer twee sinne (d.w.s. sinsdele wat gesegdes bevat) met 'n onderskikkende voegwoord (omdat, terwyl, aangesien ens.) verbind word, is dit 'n saamgestelde sin. 'n Saamgestelde sin bestaan dus uit 'n HOOFSIN en 'n onderskikkende BYSIN, bv. 
Superman vlieg oor die stad terwyl die president 'n toespraak maak

Wanneer twee sinne (d.w.s. sinsdele wat gesegdes bevat)  met 'n neweskikkende voegwoord (en, want, maar ens.) verbind word, is dit 'n veelvoudige sin. 'n Veelvoudige sin bestaan dus uit twee of meer HOOFSINNE, bv.
Superman vlieg oor die stad en sien 'n rooftog by die bank. 


Opmerkings

Gewilde plasings