Taalkunde: Byvoeglike naamwoorde

Woordsoorte: Byvoeglike naamwoord

Ander benaming: adjektief
Afkorting:             b.nw.
Funksie:               Brei uit of beskryf 'n naamwoord

Trappe van vergelyking
Intensiewe vorme
Verbuigings
Trappe van vergelyking word gebruik om die verhouding in voorkoms, grootte, emosie ens. tussen objekte in terme van hul byvoeglike naamwoorde te bewys.

‘n Motor is groot, maar ‘n bus is groter as ‘n motor. ‘n Trein is die grootste van die drie.

Die drie trappe, met hul vereistes, is:
  1. Stellende trap
  2. Vergrotende trap: b.nw. +er + as
  3. Oortreffende trap: die + b.nw. +ste


Indien ‘n b.nw. uit meer as twee lettergrepe bestaan en in sy eenvoudigste vorm op ‘n -e eindig, word die sisteem van “meer” en “mees” gevolg:
  1. Stellende trap: tevrede
  2. Vergrotende trap: meer tevrede as
  3. Oortreffende trap: die mees tevrede

Sommige byvoeglike naamwoorde kan ‘n addisionele, versterkende bepaler kry, wat van die b.nw. ‘n samestelling maak.

Die konteks van die woord, en die naamwoord wat deur hom beskryf word, moet in ag geneem word.

Ons sê:

Die uitsig is prentjiemooi, maar die persoon is popmooi.

Die nat pad is seepglad, daarom gaan jy gly, maar die oppervlak van die water is spieëlglad, en daarom kan jy jou weerkaatsing daarin sien.

Die meisie is beeldskoon, en haar nuwe aandrok is silwerskoon.

NB: Die meeste intensiewe vorme word VAS geskryf.

‘n Paar uitsonderings is:
Intensiewe vorme met wawyd (“wawyd” is reeds die intensief vir “wyd”):
wawyd oop
wawyd wakker

Ook: nugter wakker

Verbuigings van woorde wat bloot attributief gebruik word, val nie in die kategorie van versterking nie. Dit sluit verbuigings as deel van vaste uitdrukkings in.

B.nw.’e word vir een van TWEE redes verbuig:

Die figuurlike betekenis is ter sprake:
  • Daar is ‘n skrale kans dat dit wel gaan gebeur.
  • Hy ly aan ‘n  gebroke hart.
  • Ek wil die arme man help, maar hy is te koppig.
  • Die stomme vrou weet nie waar haar kind is nie.


Die byvoeglike naamwoord moet beklemtoon word:
  • Dit was ‘n bloue Maandag, maar ek het hom oorleef.
  • My stoute hond het aan my gunsteling teddiebeer gekou.
  • Hy is ‘n luie man, so moenie verwag dat hy betyds gaan klaar wees nie.

Opmerkings

Gewilde plasings