Taalkunde: Voegwoorde


Voegwoorde
Voegwoorde verbind woorde, sinne of sinsdele aan mekaar.

Verbind woorde: Johan en Petrie is goeie vriende. 
Verbind hoofsinne: Hulle is goeie vriende, want hulle deel belangstellings.
Verbind sinsdele: Hulle beplan, en reël, ‘n partytjie.
Verbind hoofsin en bysin: Die partytjie is belangrik, omdat hulle ook tyd saam met hul ander vriende wil spandeer. 
Verbind bysinneBy die partytjie gaan hulle seker maak dat almal pret het en mekaar beter leer ken. 

Daar is twee tipes voegwoorde, nl. neweskikkende voegwoorde en onderskikkende voegwoorde.
Voegwoorde word ook ingedeel in drie groepe, op grond van 1die bou van die sinne en 2die posisies van die werkwoorde.

Neweskikkende voegwoorde: GROEP 1
Onderskikkende voegwoorde:

en, want, maar, dog, of

Neweskikkende voegwoorde verbind twee hoofsinne. (OF twee bysinne)
Na neweskikkende voegwoorde bly die woordorde in sin 2 dieselfde.
Die twee sinne kan los staan as volsinne (want die woordordevan albei is reeds reg).

Hy sit by ‘n waterpan in Etosha en hy verkyk hom aan die wilde diere.
Hy is al dae lank afwesig, want hy is baie siek.
Pa wil ‘n ander motor koop, maar hy weet nie wat is die beste opsie nie.
Die kampeerterrein is tjoepstil, dog ons verwelkom die stilte.
Doen die fisio se oefeninge of jou rugspiere sal verswak.

Onderskikkende voegwoorde verbind ‘n hoofsin en ‘n bysin.
Na die voegwoorde verander die posisie van die bysin se werkwoord.
Die voegwoord se groep bepaal wat met die werkwoord gebeur.

GROEP 2
GROEP 3

dus, dan, daarom, derhalwe

Die bysin se werkwoord skuif tot direk na die voegwoord.

Hy is in gr. 11. Klasbywoning is belangrik.
(dus)
Hy is in gr. 11; dus is (ww.) klasbywoning belangrik.

Sy het vir ‘n geluid geskrik. Sy hardloop uit die donker vertrek.
(daarom)
Sy het vir ‘n geluid geskrik; daarom hardloop (ww.)  sy uit die donker vertrek.


omdat, terwyl, dat, as

Die bysin se werkwoord skuif na die laaste posisie in die sin.

Hy kom nie vergadering toe nie. 
Hy het ‘n ander afspraak.
(omdat)
Hy kom nie vergadering toe nie, omdat hy ‘n ander afspraak  het (ww.).

Die veld lyk baie beter. Dit reën so lekker.
(as)
Die omgewing lyk baie beter as dit so lekker reën (ww.).



Opmerkings

Gewilde plasings