Skryfformaat: Onderhoud

Formaat: Die onderhoud (Aangepas uit Platinum Graad 8)

Onderhoudvoerder: Ek gesels vandag met Louis Lemmer oor Sanparke se ere-veldwagters. Louis, vertel my meer van hierdie groep mense wat tyd opoffer en fondse insamel teen renosterstropery?

Louis: Ons is ‘n organisasie van sowat 1300 lede wat in al 21 Sanparke werk. Ons ondersteun en help met wat Sanparke doen.

Onderhoudvoerder: En hierdie werk word vrywillig gedoen, reg?

Louis: Absoluut. Ons doen dit in ons spaartyd. Ons het almal ander werke en ontvang geen vergoeding nie. Net die tevredenheid vir die verskil wat ons maak.

Onderhoudvoerder: Ons het die afgelope week Mandela-dag gevier en baie mense het onderneem om 67 minute se verskil te maak. Hoekom neem julle aan hierdie projek deel?

Louis: Dit is ‘n voorreg om ‘n verskil te maak in die gesindheid van wyle president Mandela. Hy het gesê jy moet nie in die eerste plek daar wees vir jou self nie, maar vir jou gemeenskap, vir jou land en ons erfenis. En dit is wat ons renosters en natuur is – deel van ons erfenis.

Onderhoudvoerder: Die werk wat julle doen is belangrik en ons is dankbaar dat julle help om ons erfenis help beskerm. Sterkte vir die uitdagings wat dit vir julle inhou.

Louis: Dankie vir die geleentheid.

Opmerkings

Gewilde plasings