Skryfformaat: Resensie

THE LION KING
Uitgereik: 19 Julie 2019
Regisseur: Jon Favreau

Resensent: Leon van Nierop
Gradering: 7
(KORT OORSIG) Kort na sy geboorte as die nuwe troonopvolger word klein Simba se pa, Mufasa, deur sy bose oom Scar vermoor. THE LION KING gaan oor die leeutjie se swaar pad na volwassenheid, en sy terugkeer om sy regmatige plek op te eis.
(EVALUEER STORIELYN EN TAAL) Omdat die storie oorbekend is, en die animasie-weergawe legendaries is, moet jy jou oorgee daaraan en nie daarteen baklei nie. Elkeen het sy eie persoonlike gunsteling-weergawe. Maar in hierdie een is mens oorbewus van die singery en dansery tussen die animasie-werklikheid. Die twee hou nie altyd hande vas nie. 

Die nuwe THE LION KING se storie is steeds resepmatig en in die kraal van vermaak-vrate.  Onthou, dit kom eintlik tot sy volle reg in 3D, 4-DX waar die stoele beweeg en skud, en Imax. Jy moet dit op die grootste skerm denkbaar sien met Dolby Atmos-klank, veral vir die Afrika byklanke en musiek.
(PERSOONLIKE MENING EN AANBEVELING) Ek verkies die animasie-weergawe, want hierdie THE LION KING, hoogs vermaaklik en betowerend soos dit is, gebruik spesiale rekenaartegnieke wat die werklikheid probeer naboots. As jy van Afrika is, lyk dit na Afrika soos Amerikaners dit wil sien. Dus: ‘n pretparkrit-weergawe. Dit is nogal moeilik vir ons, wat leeus in hulle natuurlike habitat ken, om die bewegende pratende bekke met die uitdrukkinglose gesigte te vereenselwig.
THE LION KING is vir die hele gesin. Dit sal interessant wees hoe natuurkundiges en wildtuin-besoekers die leeus ervaar...

Opmerkings

Gewilde plasings