Eenbedryf: Die volmaakte huwelik

W.A. de Klerk

"Daarom beperk die eenbedryf hom tot een hooftema, soos dit in een enkele gebeurtenis uitgebeeld word. Dit moet 'n krisismoment wees waarin verlede en toekoms saamgetrek word, 'n moment waartoe 'n hele reeks gebeurtenisse in die verlede aan­leiding gegee het en wat beslissende gevolge vir die toekoms sal hê." - Conradie, P.J. (n.d.) AANLYN: http://www.literaryterminology.com/index.php/12-e/300-eenbedryf [8 Mei 2018].

Oor die dramaturg: https://af.wikipedia.org/wiki/W.A._de_Klerk


DIE INTRIGE
Bl. 8:
  • Martha se identiteit bekendgemaak deur haar uniform
  • Clie: “gemaklike gekunssteldheid” – van nature aansitterig, “gemaak”, nie natuurlik in optrede nie
  • Clie gee voor om nie belang te stel in Leda se doktersafspraak; in werklikheid nuuskierig
  • Meneer is mos na Hermanus” – dui op Clie se kennis van sy aktiwiteite (vooruitskouing van noue verhouding)
Bl. 9:
  • Clie besorg oor voorkoms, selfs teenoor vriendin Leda – in kompetisie met haar?
  • Leda gee voor om jonger as werklike ouderdom te wees (is Clie dalk jonger as sy?)
  • Leda ook aansitterig (“gekunssteld”) – “geaffekteer
  • Clie kom met inligting (“gesels”) na Leda – uitsteltegniek as Leda eers haar nuus vertel
  • Jy’s stout. (Pruil)” – kinderlike optrede
Bl. 10:
  • Ek wou hom mos in alle opsigte tevrede stel…” – ellips en daaropvolgende (Pouse)?
  • Leda vertrou nie haar huishulp nie, maar wel vriendin.
  • Clie vra indringend oor Leda en Riaan se huwelikverwysing navolmaakte huwelik” (titel)
  • Leda skryf huweliksukses toe aan goeie kommunikasie.
Bl. 11:
  • Leda besoek verloskundigeswanger?
  • Clie dink Leda gaan geboorte skenk – “blye gebeurtenis
  • In Leda en Clie se leefstyl het verloskundige egter anderprimêredoelverhoed/beeïndig swangerskappe
  • Leda het spesifieke plan vir haar lewe en huwelikVolgens haar stem dit ooreen met Riaan se plan
  • Sy is wel swanger! – “Van Gelderen se toetse was positief. Ek het hom gevra om my te help…"
  • "’n mooi vrou is sy swak” – manipuleer dokter om haar sin te kry
Bl. 12:
  • Leda is moontlik ouer as Clie - paai haar en praat asof sy meer ervaring het. 
  • Moontlik haar ouderdom gebruik as "gesondheidsrisiko" sodat dokter aborsie sal doen.
  • Clie vra oor moontlikheid van egskeiding – “hipoteties” = veronderstelling/ grondslag vir redenasie of navorsing
  • Leda – oopkoperken ’n “oop”, eerlike verhouding sal ontbind as hy nie meer doel dien nie
  • OF groener weivelde soek (“nuwe aarde wil betree”)
Bl. 13:
  • Lena wil nie onderdanig wees aan man nie
  • Oor huweliksontbinding: “Dit setel… in die aard van ons verhouding” – Nie haar eie opinie of wens, maar dit geval haar binne eienskappe van hul verhouding
  • NB: “Eerlikheid, en ’n afwesigheid van sentimentele en romantiese onsin is die grondslag van die moderne huwelik.”
Bl. 14:
  • Lena ag haar verhouding met Riaan verhewe bo ander – “kan alleen met sukses deur die… enkelingeonderneem word
  • Ironies, want verhouding is nie perfek, hullekuier” met ander mans/vroue
  • Rede vir Clie se besoek: “nie die gewone soort klag nie” – iets oor Riaan en ander vrou
  • Riaan het verlede van ontrouheid flirtasie met Tania Botha gehad
Bl. 15:
  • Clie raak haastig as Riaan amper tuis is – wegkom voor hy opdaag – het hy hul verhouding verbreek?
  • Leda voel ontstig na Clie se besoek
  • Martha gekonfronteer en geïntimideer: Leda dra kennis van Martha se oortredings: hou dit vir afpersingsgeleentheid
  • “in jou laai gevind” – Martha is dus inbly-hulp
Bl. 16:
  • Martha is jonk – “meisiekind
  • Leda pers haar af – “as jy nou goedluister en eerlik antwoord…”
  • Martha probeer haar distansieer van haar werkgewer se oortredings met halwe waarhede
Bl. 17:
  • Geografiese gegewens: Kenilworth-woonstelle (dorp/stad onbekend) – universele temas
  • Leda vind waarheid agter Clie se vrae uit: Clie het ’n flirtasie/verhouding met Riaan (gehad)
  • beheersde vriendelikheid” – beraam planne; gaan hom nie konfronteer nie
  • Riaan – “allemansvriend”, dus joviaal, vriendelik, mense verdink hom nie van slegte goed nie, vroue makliker aangetrokke tot hom?
Bl. 18:
  • Gemaklike aanspreekvorme: “ou kind”, “my skat
  • Martha verbaas oor ommekeer in Leda se persoonlikheid
  • Leda gebruik baba om haar man te behou“entrapment”
Bl. 19:
  • Riaan onkant gevang; wil nie aannames maak nie
  • Naamgewing maak baba realiteit en gee identiteitkan nie aborteer
Bl. 20:
  • Troefkaartdogtertjie na Clie vernoem (verhoog sy ongemak)
  • Ironie: Leda tree op asof Clie nie waarheid oor baba (en aanvanklike intensies) weet nie
  • Raak van Riaan ontslae (moet port gaan haal) – skep oomblik vir haar en Clie
Bl. 21:
  • Clie probeer opstaan teen Leda
  • Leda vermakerig dat sy Clie se onderduimsheid teen haar kan gebruik
  • Plan om Riaan se goeie naam as besigheidsman teen hom te hou
  • Clie opper ironiese beskuldiging teen Leda oor morele gevoel en gewete
Bl. 22:
  • Jy’s ’n mooi bog om daarvan te praat” –   the pot calling the kettle black
  • Gee Clie geleentheid om te praat
  • Dis eintlik geleentheid vir Riaan om ook eerlik te wees – Hy faal vir Clie
  • Clie stel ironiese heildronk in – lig die paartjie se swak eienskappe uit
  • Riaan is aan die einde steeds onbewus daarvan dat Leda van verhouding weet
  • Ten einde wen Leda tog omdat Riaan enigiets sal glo wat sy vir hom voorhou.

Opmerkings

Gewilde plasings