Skryfformaat: Instruksieteks

Ek het onlangs weer die waarde van 'n heerlike, warm ham-en-kaasbroodjie besef toe ek na 'n lang sportdag honger in die snoepie-ry staan.
Ek weet ook hoe om ʼn smullekker ham-en-kaas-broodjie te maak wat nie net daardie hongerte-gaatjie gaan vul nie, maar vir seker ook iets sal wees waaraan jy verslaaf kan raak. Net ʼn paar maklike stappe en siedaar! ʼn Onvergeetlike broodjie!
  • Kry al jou benodighede voordat jy kan begin; onder meer ʼn bord en ook ʼn bottermes. Jy moet natuurlik ook brood, ham en ook n lekker blok Cheddar-kaas hê. Kry ook ʼn lekker sous, soos blatjang. Ek gebruik ook ʼn rasper, maar as jy die kaas in dun stukkies kan sny, is die rasper nie nodig nie.
  • Sit heel eerste twee snye brood op jou bord en smeer albei snye met botter. Alhoewel dit ongesond is, bly dit darem lekker!
  • Haal twee stukkies ham uit en pak op jou een sny brood.
  • Smeer die blatjang op die sny waarop daar nie ham is nie.
  • Rasper of sny ʼn hand vol kaas en verdeel dit tussen die twee snye brood.
  • Maak seker jy het kaas en ham in al die hoekies van die sny gepak, want dit is nie lekker om ʼn deel van jou broodjie te hap met geen vulsel nie.
  • As jy klaar al die stappe gevolg het, sit albei snye met hul binnekante bo-op mekaar en druk liggies toe.
  • Sny jou broodjie met ʼn skerp mes van links na regs deur.

Opmerkings

Gewilde plasings